Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Vroegherfs" deur N.P. van WYK LOUW
"Vroegherfs" deur N.P. van WYK LOUW [boodskap #44377] Sat, 16 June 2001 03:08
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Vroegherfs
N.P. van Wyk Louw

Die jaar word ryp in goue akkerblare,
in wingerd wat verbruin, en witter lug
wat daglank van die nuwe wind en klare
son deurspoel word; elke blom word vrug,
tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
dat die takke van die lang populiere al
teen elke ligte môre witter staan.
O Heer, laat hierdie dae heilig word:
laat alles val wat pronk en sieraad was
of enkel jeug, en vér was van die pyn;
laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
en nakend uit my teerder jeug verskyn.

(Uit "Vier Gebede by Jaargetye in die Boland."
(Mei-Julie 1937)
Vorige onderwerp: "Kitaarspeler" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: "Winterpad" deur ANDRÉ LE TOIT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 06:58:57 UTC 2025